TULIP vs Evangelisasie (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)
Die afgelope tyd beleef passievolle evangeliste ‘n toenemende teenkanting van die kant van (glo dit of nie) belydende weergebore kinders van God! Die beswaar is teen die metode van evangelisasie, naamlik dinamiese bekeringsboodskappe wat uitloop op ‘n appĂ©l tot bekering (beter bekend as ‘uitnodiging’) waarna die ‘sondaarsgebed’ gebid word. Volgens die beswaardes lei hierdie metode van evangelisasie daartoe dat baie mense “Hel toe gesleep word” omdat hulle op ‘n valse fondament geplaas word, hulle word dus nie waarlik weergebore nie. Hierdie ‘valse fondament’ waarop hierdie mense staan maak dit vir hulle moeilik of selfs onmoontlik om ooit werklik gered te kan word, volgens die beswaardes. So skryf Landon Chapman in die artikel ‘False Conversions and the “Sinner’s Prayer”: A Damnable Epidemic in the Modern Church’ ( https://entreatingfavor.com/false-converts-and-sinners-prayer/ ) die volgende: “Pastor Platt went on to further expound on this notion. “Should it...