TULIP vs Evangelisasie (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)
Die
afgelope tyd beleef passievolle evangeliste ‘n toenemende teenkanting van die
kant van (glo dit of nie) belydende weergebore kinders van God!
Die beswaar is
teen die metode van evangelisasie, naamlik dinamiese bekeringsboodskappe wat
uitloop op ‘n appél tot bekering (beter bekend as ‘uitnodiging’) waarna die
‘sondaarsgebed’ gebid word. Volgens die beswaardes lei hierdie metode van
evangelisasie daartoe dat baie mense “Hel toe gesleep word” omdat hulle op ‘n
valse fondament geplaas word, hulle word dus nie waarlik weergebore nie.
Hierdie ‘valse fondament’ waarop hierdie mense staan maak dit vir hulle moeilik
of selfs onmoontlik om ooit werklik gered te kan word, volgens die beswaardes.
So skryf Landon Chapman in die artikel ‘False Conversions
and the “Sinner’s Prayer”: A Damnable Epidemic in the Modern Church’ (https://entreatingfavor.com/false-converts-and-sinners-prayer/)
die volgende:
“Pastor Platt went on to further expound on this notion.
“Should it not concern us that there is no such superstitious prayer like the “sinner’s prayer” in the New Testament?
Should it not concern us that the Bible never uses the phrases
‘accept Jesus into your heart’ or ‘invite Christ into your life’? It’s not the
Gospel we see being preached. It’s modern evangelism built on sinking sand, and
it runs the risk of disillusioning millions of souls. It’s a very dangerous
thing.”
That
is very strong language from Pastor David. Why would he use the word
“dangerous” when describing something seemingly so benign; a simple prayer? The
reason is because to lead people to think they are Christian when they have not
Biblically responded to the Gospel gives them a false sense of Salvation and
makes it very difficult for them to be Evangelized later in life because they
think they’re good to go. He continues, “If we’re not careful we’ll take the
Gospel, the lifeblood of Christianity, and put Kool-Aid in its place so it will
taste better to the crowds. It’s not just dangerous, it’s damning”...Paul
Washer has mentioned numerous times that he has “declared war” on the sinner’s
prayer. He contends that it has sent more people to hell than anything else
on the face of the earth”.
Dat
dit wel waar is dat ‘easy evangelism’ en ‘decisionism’ soos toegepas in baie
Amerikaanse en selfs Suid-Afrikaanse kerke duisende mense mislei en op ‘n
‘valse fondament’ help, kan nie betwis word nie. Dit is inderdaad so dat die
evangelis NOOIT vir iemand wat ‘n ‘sondaarsgebed’ gebid het mag sê dat hy/sy
nou beslis gered is nie. Daar is ongetwyfeld gevaar in ‘vinnige en maklike
oorgawes’ sonder ‘koste berekening’. Ook moet dit duidelik gestel word dat geen
‘sondaarsgebed’ kan iemand red nie, net so min sy bekering of geloof!
Slegs God
kan red en Hy doen dit uit genade alleen wanneer
die sondaar sy toevlug in geloof na die Here Jesus neem op grond van die
versoeningswerk van Jesus Christus aan die kruis. Sondebelydenis, bekering en
geloof is baie duidelik volgens die Skrif die mens se verantwoordelikheid.
Die
probleem is dat die beswaardes nie slegs die wanpraktyke soos deur sommige
evangeliste beoefen teiken nie, maar alle vorme van passievolle evangelisasie.
Spreekwoordelik word die ‘baba saam met die vuil badwater uitgegooi’. Wat egter
verrassend is, is dat dit kom van aanhangers van ‘TULIP’, ‘n afkorting van ‘n
samevatting van die Dortse Leerreëls (een van die Drie Formuliere van Eenheid)
soos onderkrywe deur die Calviniste.
T - Total Depravity
(Totale Verdorwenheid) van die mens
(Die
mens is totaal geestelik dood gebore in sy sonde en kan
geensins
vanuit homself hom na God wend nie)
U - Unconditional Election
(Onvoorwaardelike
Uitverkiesing)
(God
het voor die grondlegging van die wêreld sekere mense
uitverkies
om gered te word en gevolglik Hemel toe te gaan,
terwyl
die res vir die Hel bestem is)
L - Limited Atonement
(Beperkte Versoening)
(Die
Here Jesus het slegs gesterf aan die kruis vir diegene wie Hy
uitverkies
het, m.a.w. Sy versoeningswerk was slegs bedoel vir
diegene
wie Hy geweet het Hy wou red)
I - Irresistable Grace
(Onweerstaanbare Genade)
(Diegene
wat uitverkies is om gered te word sal deur die Heilige
Gees
geroep word tot bekering. Hierdie roeping kan nie
weerstaan
word nie. Die uitverkorene sal noodwendig tot
redding
kom, en het geen vrye wil in hierdie verband nie)
P - Preservation of the
Saints
(Volharding van die
Heiliges)
(Diegene
wie uitverkies is kan nooit weer hulle saligheid verloor
nie)
Hierdie
kort skrywe het egter nie ten doel om oor die Skriftuurlikheid van hierdie
leerreëls te toets nie, dit is al deur vele studies gedoen. Die doel van
hierdie skrywe is om kortliks die teenstrydighede in die standpunte (teen
passievolle evangelisasie metodes) van hierdie ‘TULIP beswaardes’ uit te wys.
Hulle
beswaar is dat mense hel toe gesleep word.
Indien
dit wel waar sou wees dat sekere mense bestem is vir die Hel en niks
daaromtrent kan doen nie, wat is die gevaar daarin as die evangelis so ‘n
persoon op ‘n ‘valse fondament’ sou help? Hy is dan in elk geval oppad Hel toe,
en kan geensins gered word nie! Dit maak nie sin nie!
Sou
die persoon wel ‘uitverkies’ wees om gered te word sonder dat hy ‘n keuse in
die saak het, wat is dán die gevaar sou hy ‘voortydig’ ‘n oorgawe maak en dan
op ‘n ‘valse fondament’ geplaas word? Indien hy nou ‘moeiliker gered sal word’,
of dalk nooit nie, dan weerlê dit mos juis die leerstelling van
‘Onweerstaanbare Genade’! Dan beteken dit dat die mens wel ‘n keuse het wat hy
kan uitoefen rakende die saligheid van sy siel. Indien God wel sekere mense
ONVOORWAARDELIK UITVERKIES het om gered te word en Sy genade ONWEERSTAANBAAR
is,
HOE
KAN EK DAN MENSE WAT UITVERKIES WAS OM GERED TE WORD, HEL TOE SLEEP??? Dit maak
nie sin nie! Iemand wat glo dat ‘n verlore sondaar deur ‘n sogenaamde
‘verkeerde evangelisasie metode’ onder ‘n valse indruk gebring kan word dat hy
gered is en gevolglik verlore sal gaan, sê implisiet dat die tussenkoms van die
menslike vrye wil wel die soewereine uitverkiesende genade van God kan
weerstaan!
Die
enigste logiese gevolgtrekking wat ek kan maak is dat die ‘TULIP beswaardes’ se
sogenaamde vrees (dat mense wat gered moes word nou Hel toe gesleep word) die
produk is van hulle eie twyfel in die ‘TULIP’ leerstellings waaraan hulle so
krampagtig vasklou ten spyte van die Skriftuurlike beswaar wat daar teen baie
van die inhoud daarvan is.
Dus,
as hierdie vrees geopper word, dan moet dit beslis nie kom van die kant van die
‘TULIP aanhanger’ nie, laat dit dan kom van die Wesleyaan wat glo dat mens deur
‘voorafgaande genade’ die vermoë kry om ‘n doelbewuste keuse te maak t.o.v. sy
reaksie op die roepstem van die Heilige Gees. Laat hierdie beswaar geopper word
deur die Wesleyaan wanneer hy oortuig is dat die passievolle evangelis nie waak
teen ‘goedkoop / kits bekerings’ nie. Laat dit kom van die Wesleyaan wat die
Bybelse balans tussen die ‘Soewereine Genade van God’ en die ‘verantwoordelikheid
van die mens’ raaksien.