Posts

Showing posts with the label beproewing

COVID-19 Paniek ('n Bybelse Aanslag) - Rudi van Zyl

Image
Covid-19: ‘n Bybelse Aanslag op Massa-Paniek Rudi van Zyl 2020-03-23 In 2Timótheüs 1:7 lees ons:   " Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie , maar van krag en liefde en selfbeheersing." Die gesegde “’n week is ‘n lang tyd in die politiek’ beteken dat daar baie dinge binne ‘n enkele week kan gebeur in die politiek. Hierdie afgelope week moes ons besef hoeveel dinge in ‘n enkele week in die wêreld kan verander. Was dit die mikroskopies-kleine Covid-19 virus wat baie bedrywighede oor die hele wêreld tot stilstand gebering het, of ten minste verander het? Was dit nie eerder die mens se paniek oor hierdie virus wat te blameer is vir hierdie wêreldwye ellende nie? Ek is geneig om laasgenoemde te glo. Woorde kan nie die graad van massa-paniek beskryf wat tans heers nie. Covid-19 oorheers die nuusmedia, die sosiale media, gesprekke tussen mense, en vele meer. Met die inligting wat tot my beskikking is oor die effek van hierdie virus kan e...

Beproewing (Bybelstudie)

Image
1.      Die Realiteit van Beproewing: 1Petrus 4:12 “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie ” 2.      Doel van Beproewing: a.       Openbaar die Hart: Spreuke 21:2 “Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte”. Psalm 139:23-24 “Deurgrond my, o God, en ken my hart ; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” b.      Reinig: Spreuke 17:3 “Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte”. c.       Bewerk Groei: Jakobus 1:2-4 “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk . Maar die lydsaamheid moet tot volle ver...