Beproewing (Bybelstudie)
1. Die Realiteit van
Beproewing:
1Petrus 4:12 “Geliefdes, verbaas julle nie oor die
vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof
iets vreemds oor julle kom nie”
2. Doel van Beproewing:
a.
Openbaar die Hart:
Spreuke 21:2 “Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar
die HERE toets die harte”.
Psalm 139:23-24 “Deurgrond my, o God, en ken my hart;
toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei
my op die ewige weg!”
b.
Reinig:
Spreuke 17:3 “Die smeltkroes is vir die silwer en die
oond vir die goud, maar die HERE toets die harte”.
c.
Bewerk Groei:
Jakobus 1:2-4 “Ag dit louter vreugde, my broeders,
wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die
beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid
moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan
wees en in niks kortkom nie.”
d.
Toets geloof:
1Petrus 1:6-7 “Daarin verheug julle jul, al word julle
nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat
die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat
vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en
heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus”
e.
Bewerk
Ewigheidgerigtheid :
1Petrus 1:8 “vir wie julle, al het julle Hom nie gesien
nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle
verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van
julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.”
f.
Bewerk Afhanklikheid:
2Korinthiërs 12:9-10 “En Hy het vir my gesê: My genade is
vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus
in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek
behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om
Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk”.
g.
Onderrigting:
Filippense 4:12-13 “Ek weet om verneder te word, ek weet
ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om
versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek
te ly. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee”.
h.
Vermeerder
Dankbaarheid:
i.
Vereenselwiging met
Jesus.
Filippense 3:10-11 “sodat ek Hom kan ken en die krag van
sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood
gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.”
j.
Refleksie:
Deuteronómium 8:2 “En jy moet dink aan die hele pad
waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het
tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy
gebooie sal hou of nie”.
3. Verskeidenheid van
Beproewinge:
Jakobus 1:2-4 “Ag dit louter vreugde, my broeders,
wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die
beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk”.
1Petrus 1:6 “Daarin verheug julle jul, al word julle
nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge”
a.
Voorspoed:
Exodus 16:4 “Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir
julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat
van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel
of nie”.
b.
Teenspoed:
Hebreërs 11:36 “Ander weer het die proef van bespottinge
en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis”.
4. Fasette van
Beproewing:
a.
Werke:
1Samuel 2:3 “Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat
vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is ‘n God van
diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.”
b.
Gesindheid en
Motiewe:
1Thessalonicense 2:4 “so spreek ons, nie om mense te
behaag nie, maar God wat ons harte beproef.”
5. Tydsduur van
Beproewing:
Psalm 105:18-19 “Hulle het sy voete in boeie geknel, hy
self het in die ysters gekom, tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die
woord van die HERE hom beproef verklaar het”.
1Petrus 1:6 “Daarin verheug julle jul, al word julle
nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge”
6. Voorsiening in
Beproewing:
Openbaring 3:10 “Omdat jy die woord van my lydsaamheid
bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele
wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel”.
1Korinthiërs 10:13 “Geen versoeking het julle aangegryp
behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo
julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die
uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra”.
7. Potensiële Resultaat
van Beproewing:
Job 23:10 “Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets,
sal ek soos goud te voorskyn kom”.
Jakobus 1:2-4 “Ag dit louter vreugde, my broeders,
wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die
beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot
volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in
niks kortkom nie”.
8. Beloning vir
Beproewings Deurstaan:
Deuteronómium 8:16 “wat jou in die woestyn manna laat eet
het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef,
om uiteindelik aan jou goed te doen”
Jakobus 1:12 “Salig is die man wat versoeking verdra,
want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang
wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet”.
9. Kandidate vir
Beproewing:
2Timótheüs 3:12 “En almal wat ook godvrugtig wil lewe
in Christus Jesus, sal vervolg word”.
10. Reaksie op Beproewing:
a.
Bewapen:
Efesiërs 6:10-13 “Eindelik, my broeders, word kragtig in
die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God
aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons
worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die
magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die
bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat
julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring
het, staande kan bly”.
b.
Weerstaan:
1Petrus 5:8-9 “Wees nugter en waaksaam, want julle
teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan
verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet
dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is”.
c.
Vertrou:
Romeine 8:28-29 “En ons weet dat vir hulle wat God
liefhet, alles ten goede meewerk”
Klaagliedere 3:32-33 “Maar as Hy bedroef het, ontferm Hy
Hom na die grootheid van sy goedertierenhede; want nie van harte verdruk of
bedroef Hy die mensekinders nie”.
d.
Benut:
2Korinthiërs 4:10-12 “Gedurig dra ons die doding van die
Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam
openbaar kan word. Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om
Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan
word.”
e.
Ontdek:
2Korinthiërs 4:7-9 “Maar ons het hierdie skat in
erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit
ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is
verleë, maar nie radeloos nie; vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar
nie vernietig nie”.
f.
Verbly:
1Petrus 4:12-13 “Geliefdes, verbaas julle nie oor
die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof
iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde
van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van
sy heerlikheid met blydskap kan jubel”.