Woede (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)
Emosie is deel van menswees. Elke mens ervaar emosies soos vreugde, smart, vrees en woede. Die vraag is egter of ‘woede’ dan nie sonde is nie. Is dit dan nie sondig om ‘kwaad’ te word nie? Die betekenis van die woord ‘kwaad’ word deur die HAT aangegee as “Boos / Toornig”. Klink dit na ‘n gesindheid wat ‘n weergebore kind van God behoort te openbaar? Word God nie ook ‘toornig’ nie? Ps.7:12 “God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is”. Het Jesus Christus nie ook ‘kwaad’ geword nie? Mark.3:5 “En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit!...” Selfs Moses was kwaad. Ex.32:19 “En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel”. Verskil dit van ‘kwaad word’ soos ons dit ken? Kwaad word sonder om te sondig? Efesië...