Woede (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)



Emosie is deel van menswees. Elke mens ervaar emosies soos vreugde, smart, vrees en woede. Die vraag is egter of ‘woede’ dan nie sonde is nie. Is dit dan nie sondig om ‘kwaad’ te word nie? Die betekenis van die woord ‘kwaad’ word deur die HAT aangegee as “Boos / Toornig”. Klink dit na ‘n gesindheid wat ‘n weergebore kind van God behoort te openbaar?

Word God nie ook ‘toornig’ nie?  Ps.7:12 “God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is”. Het Jesus Christus nie ook ‘kwaad’ geword nie? Mark.3:5 “En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit!...”  Selfs Moses was kwaad. Ex.32:19 “En toe hy naby die laer kom en die kalf en koordanse sien, het die toorn van Moses ontvlam, en hy het die tafels uit sy hande gegooi en hulle onder aan die berg verbrysel”. Verskil dit van ‘kwaad word’ soos ons dit ken?

  • Kwaad word sonder om te sondig?

 Efesiërs 4:26 “Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie”

“That is, if ye are angry, take heed ye sin not. Anger at sin is not evil; but we should feel only pity to the sinner. If we are angry at the person, as well as the fault, we sin.” (John Wesley’s Explanetory Notes)

Efesiërs 4:27 “en gee aan die duiwel geen plek nie”.

  • Vinnig kwaad word?

 Pred.7:9 “Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase”.

Jak.1:19 “So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word”.

-          Lees ook volgende teksvers! –

Jak.1:20 “Want die toorn van ‘n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie”.


  • Kwaad sonder rede?

 Mat.5:22 “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg”

Wat van as ek rede het om kwaad te wees?

  • Kwaad sonder om te wil vergeld?

 Rom.12:19 “Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here”.

Beteken dit dat ek woede moet akkommodeer?

“Leave room for the civil magistrate to do his duty, he holds the sword for this purpose; and if he be unfaithful to the trust reposed in him by the state, leave the matter to God, who is the righteous judge: for by avenging yourselves you take your cause both out of the hands of the civil magistrate and out of the hands of God” (Adam Clarke’s Commentary on the Bible).

  • ‘Kwaad word’ belet:

 Efes.4:31 “Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid”.

Ps 37:7-8 “...wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig”.

1Tim.2:8 “Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis”.

Kol.3:8 “Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond”.

Spr.29:11 “‘n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar ‘n wyse bring dit eindelik tot bedaring”.

Spr.30:33 “Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort”.

Spr.27:4 “Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?”

Gevolgtrekking:

Wat bedoel jy by ‘kwaad word’? Hoe voel jy wanneer jy ‘kwaad’ is?
Hoe tree jy op wanneer jy ‘kwaad’ is?
Waarom is jy kwaad? Oor wie gaan dit?

Popular posts from this blog

Salwing Met Olie: `n Bybelse Gebruik? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Die Hoofbedekking Van Die Vrou (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Judas: Wat leer die Nuwe Testament vir ons oor 'n dienskneg van Jesus? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)