Dringend!! Indien jy noú skielik sou sterf... (Deur Rudi van Zyl)



Dringend!!
Indien jy noú skielik sou sterf, waar gaan jou onsterflike siel vir ewig wees: 
In die Hemel, of in die Hel?

7 Feite wat jy moet besef:
Ø Elke mens is gebore as ‘n sondaar.
Ø Almal het gesondig en is gevolglik skuldig voor God!
Ø Elke mens VERDIEN God se komende oordeel.
Ø Almal gaan VERSEKER STERF, maar niemand weet WANNEER nie!
Ø Elkeen wat in hierdie toestand sterf, sal vir ewig gepynig word in die vlamme van die Hel, sonder om ooit weer ‘n kans te kry om gered te kan word!
Ø Jy kan NIKS DOEN vanuit jouself om die komende oordeel van God te ontwyk nie!
Ø Om te weet van Jesus Christus, te bid, Bybel te lees, jou te laat doop, kerk toe te gaan en ‘n goeie voorbeeldige lewe te leef, KAN NIEMAND IN DIE HEMEL BRING NIE!

Die goeie nuus is:
Jy kan wél die komende oordeel ontvlug!  Die Here Jesus het reeds joú sondes op Hom geneem, daarvoor gely en gesterf aan die kruis.  God het jou lief en wil graag jou sondes vergewe en jou ook vrymaak van die mag wat dit oor jou het.  Hy wil jou nuut maak en jou ‘n ewige vrede gee. Jy kan noú sekerheid kry by God dat jy Hemel toe sal gaan.

Hoe?
Ø Jy moet erken dat jy ‘n verlore sondaar is wat God se regverdige oordeel verdien.  Indien jy dit nie kan besef nie, bid dan desperaat en vra God om jou te wys wat jou werklike geestelike toestand is.
Ø Bely jou sondes berouvol teenoor God en vra Hom om jou te vergewe en te verlos op grond van die kruisdood en opstanding van Jesus Christus uit die dood. 
Ø Jy moet egter TEN VOLLE BEREID WEES OM TE BREEK MET AL JOU SONDES waarvan jy bewus is.  ‘Bekering’ beteken om ‘om te draai’, en gevolglik sal jy van hierdie oomblik af ten volle vir Jesus Christus moet lewe ongeag die verwerping en selfs vervolging wat jy sal ervaar van sommige ander mense.  Jy sal jouself daartoe moet verbind om jou lewe in te rig ooreenkomstig Bybelse beginsels.
Ø Neem die Here Jesus aan in GELOOF as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker, en gee jou lewe oor aan Hom.
Ø Jy moet GLO dat Hy jou gebed hoor en verhoor, en dat Hy noú jou sondes vergewe en jou Sy kind maak. Let op Sy belofte in Johannes 6:37.
Ø Dank Hom daarvoor!


             Die Sondaar se Gebed om Redding:
“Here Jesus, ek is ‘n sondaar wat u oordeel verdien!  Wees my asseblief genadig deur al my sondes te vergewe en my ook vry te maak van die mag daarvan.  Sal U my asseblief nou U kind maak en in my kom woon?  Ek gee my hele lewe nou onvoorwaardelik aan U oor en wil van vandag af net vir U lewe en ook deur U gebruik word.  Dankie dat U aan die kruis vir my gely en gesterf het, en dankie dat U ook opgestaan het uit die dood sodat ek vir ewig saam met U kan lewe!  Ek dank U vir die genade wat U aan my bewys. Amen.”

Indien jy nog twyfel of God jou gered het, mag dit wees as gevolg van een of meer van die volgende redes:
Ø Jy is nie werklik gewillig om te breek met AL JOU SONDES nie, jy het nie ware berou daaroor nie.
Ø Jy glo nie werklik dat jy ‘n verlore sondaar is wat die ewige straf in die Hel verdien nie.
Ø Jy glo nie dat die Here Jesus jou wil vergewe en red nie.
Ø Jy dink dat jou gebed en bekering jou kan red, m.a.w. jy vertrou op dit wat jý doen, en nie op dit wat Jesus gedoen het nie. Onthou, SLEGS JESUS CHRISTUS KAN RED!

Vra vir God om jou te help, en weier om op te hou met bid totdat jy sekerheid van redding ontvang het.  As jy opreg met berou as ‘n desperate sondaar jou toevlug in geloof na Christus Jesus neem, SAL HY JOU RED! Nie omdat Hy dit moet doen nie, maar omdat Hy dit graag wil doen!

Indien jy seker is dat jy nou God se kind is, is dit belangrik om:
Gereeld te bid, daagliks Bybel te lees, gehoorsaam te bly aan die Bybel en die stem van die Heilige Gees, teenoor ander mense te getuig van jou ‘wedergeboorte’, betrokke te raak by ander kinders van die Here, jou te laat doop (indien jy nie reeds gedoop is nie), heilig te lewe en toenemend te word soos die Here Jesus.

Bybeltekste om na te slaan:
Rom 5:12, Ps 58:4, 51:7, Jak 2:10, Open 21:8, Heb 9:27, Pred 9:12, 2Thes 1:8-9, Luk 16:24, Open 20:15, Jud 1:7, Jer 2:22, Efes 2:8, Luk 13:26-27, Mat 7:22-23, Jes 53:6, Jes 1:18, 2Pet 3:9, Joh 8:36, 2Kor 5:17, Ps 103:12-13, 1Joh 5:12-13, Luk 18:9-14, Spr 28:13, Joh 1:12, 1Pet 2:22-24, Heb 11:6, Joh 6:37, Mat 11:28-30, 1Joh 5:18, 1Joh 1:7-2:2, 1Kor 10:12-13, 1Pet 1:15-16, Efes 4:30, 1Pet 3:15, Joh 10:27-29, 2Kor 5:1, Joh 14:3, ...





Popular posts from this blog

Salwing Met Olie: `n Bybelse Gebruik? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Die Hoofbedekking Van Die Vrou (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Judas: Wat leer die Nuwe Testament vir ons oor 'n dienskneg van Jesus? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)