Geestelike Groei (Bybelstudie)
Die term ‘Geestelike Groei’ verwys hier na die lewenslange proses wat begin
by wedergeboorte. Die oomblik wanneer die God die verlore sondaar wat sy geloof
in Jesus Christus plaas vergewe, word daardie persoon ‘n kind van God (Johannes
1:12, 1Johannes 3:1). Alhoewel hierdie persoon vry gespreek is van alle
sondeskuld en straf, is sy toestand baie ver weg van dit wat God begeer dit
moet wees. So ‘n pas- geredde mens sal wel Hemel toe gaan, sou hy tot sterwe
kom, maar dit beteken geensins dat God se doel met sy lewe nou bereik is nie. Die
Here begeer om al Sy kinders te verander om “gelykvormig te wees aan die beeld
van sy Seun” (Romeine 8:29). Hierdie verandering gebeur egter nie oombliklik
nie, maar wel gradueel. Hierdie proses word ook genoem ‘die proses van
heiligmaking’ of ‘geestelike vorming’.
1. Objek van Geestelike Groei:
2Korinthiërs 3:18: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n
spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante
verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here
wat die Gees is”.
2. Doel van Geestelike Groei:
Hebreërs 5:14: “Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat
geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te
onderskei”.
Efesiërs 4:13-14: “totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en
van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die
volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos
golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur
die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring”
Openbaring 19:7: “Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die
heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar
gereed gemaak”.
3. Fasette van Geestelike Groei:
2Petrus 3:18: “Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse
Here en Saligmaker, Jesus Christus”.
Kolossense 1:10: “sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in
alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis
van God mag groei:”
1Johannes 1:7: “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan
het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig
ons van alle sonde”.
1Johannes 3:3: “En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself
soos Hy rein is”.
2Thessalonicense 1:3: “Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos
dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige
liefde van elkeen van julle almal groter word”
Jakobus 1:2-4: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande
versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof
lydsaamheid bewerk. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom,
sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie”.
1Korinthiërs 10:13: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n
menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte
versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee,
sodat julle dit sal kan verdra”.
2Korinthiërs 4:10-12: “Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus
in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan
word. Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat
ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word. So werk
die dood dan in ons, maar die lewe in julle”.
4. Middels tot Groei:
1Petrus 2:2: “en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste
melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei”
2Timótheüs 3:16: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot
lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”.
Efesiërs 4:15: “maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles
sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus”
Kolossense 2:19: “en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam
deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so
met goddelike groei groot word”.
5. Persoonlike Verantwoordelikheid t.o.v. Geestelike Groei:
2Petrus 1:5-8: “En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle
ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die
kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die
lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die
broederliefde die naasteliefde. Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en
toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse
Here Jesus Christus nie”
6. Sigbaarheid van Geestelike Groei:
1Timótheüs 4:15: “Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou
vooruitgang vir almal duidelik kan wees”.
7. Posisie Tydens Geestelike Groei:
1Korinthiërs 4:4: “want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek
egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here”.
Vir verdere bespreking:
Identifiseer ‘n spesifieke persoon in die Bybel en doen ‘n studie oor sy/haar
geestelike vorming.
Evalueer jou eie geestelike groei, en identifiseer spesifieke areas waaroor
jy kan getuig.