'n Bybelstudie Vir Jong Bekeerlinge (deur Rudi van Zyl)



1. Die Verlorenheid Van Die Mens:

As gevolg waarvan is die mens verlore?
Gen. 2:17, Rom. 5:12  (lees ook Gen. 3:1-6)


Wat is die gevolg van die sondeval? 
Rom. 6:23, Rom. 5:12


Wie is almal skuldig en gevolglik verlore?
Rom. 3:23


Wat is die uiteindelike bestemming van die mens wat in sonde en ongeloof volhard? 
Open. 21:8


2. Hoe Word Die Sondaar 'N Kind Van God?

Watter drie dinge het Christus vir ons aan die kruis gedra?
Jes. 53:5-6


Hoekom kan redding nie deur die sondaar verdien word nie?   Efes. 2:8


Wat is die vereiste vir toegang tot die Hemel?
Joh.3:3


Wat ontvang die sondaar van Christus? 
1Joh. 1:9


Op watter voorwaarde ontvang hy dit? 
Spr. 28:13, Jes. 55:7



Wat moet Christus vir ons doen om ons daartoe in staat te stel? 
  
Tit. 2:14, Joh. 8:36


Wat ontvang ons nog van Christus, behalwe vergifnis en verlossing? 
Open. 3:20, Joh. 1:12 en Efes. 1:11


Hoe, wanneer en met watter gevolg ontvang ons die Persoon van die Heilige Gees? 
Open. 3:20, Joh. 14:17 en Rom. 8:9,14


3. Hoe Kan U Weet Dat U 'N Kind Van God Is?

Deur WIE se getuienis? 
Rom. 8:16, 1Joh. 5:10


Wat is die getuienis? 
1Joh. 5:11


Wat is die kenmerke van God se beloftes? 
2Pet. 1:4,
1Joh. 5:13 en Heb. 6:17-20


4. Gebed:

Waarom is dit die moeite werd om te bid? 
Jak. 5:16


Hoe moet 'n mens bid? 
Luk. 18:1 en Heb. 4:16


Waarvoor kan 'n mens bid? 
Luk. 11:13, Mat. 6:11 en 9:38, Filip. 1:9 en 4:6


Wie help ons om reg te bid? 
Rom. 8:26


Kan 'n mens verkeerd bid?
Jak. 4:3


Het die mens se verhouding met God iets te doen met gebedsverhoring? 
Ps. 66:18, Jes. 59:1-2

Probeer vyf soorte gebed onderskei en stel vas wat in die volgende tekste opgesluit is. 

Luk. 17:16-17, Kol. 4:2

Mat. 28:9

1Joh. 1:9

Kol. 4:12 en Efes. 6:18-19

Luk. 11:9


Het die Here Jesus gebid?
 Mark. 1:35


5. Bybelstudie:

Wat is die vrug van Bybelstudie? 
2Tim. 3:15-17, 2:15

Joh. 15:3, 1Pet. 1:22-23

 Hand. 20:32

Wat is die Woord van God vir ons volgens Efes. 6:17?


Wat doen die Woord van God volgens Ps. 119:11



6. Werk Vir God, Wees 'N Getuie Vir Christus.

Waarvan moet 'n Christen getuig? 
Luk. 8:39


Volgens 1Pet. 3:15 moet ek altyd bereid wees om?


Teenoor wie moet ek getuig? 
Lees Joh. 1:41-43.  Wat het Andreas gedoen?



7. Gehoorsaamheid:

Hoe moet my lewenswandel wees volgens Efes. 4 en 5?


Wat sê die Here in 1Pet. 1:13-16 en 2:11-12 aangaande die lewenswandel in die wêreld as Christene?



8. Gemeenskap:

Hoe beskryf 1Pet. 2:9 die kinders van God?


 Wat sê die Here van ons onderlinge byeenkomste? 
Heb. 10:25, Mat. 18:20



9. Afsondering:

Waarvan moet die kind van God hom/haarself onthou?
1Thes. 5:22, Efes. 5:11



Wat moet Christen se houding teenoor Christus wees by Sy wederkoms? 
1Joh. 2:28



10. Groei:

Wat skryf Petrus in 2Pet. 3:18?


Waarin het die Christene in Thessalonika toegeneem? 
2Thes. 1:3


Wat moes die Korninthiërs ontwikkel? 
1Kor. 14:20


Waardeur kan die Christen opgroei? 
1Pet. 2:2, Heb. 5:14


Watter deugde moet tot ons geloof toegevoeg word?
2Pet. 1:5-8

Wat is die negevoudige vrug van die Heilige Gees in
Gal. 5:22  en die drievoudige vrug in Efes. 5:9?


11. Versoeking:

Hoe moet die Christen versoeking benader? 
Jak. 1:2-4


Wat het God belowe om te doen as versoeking kom? 
1Kor. 10:13


Wat moet die Christen doen as hy neerlaag in versoeking ly?  1Joh. 2:1-2,  1Joh. 1:9


Wanneer word versoeking sonde? 
Jak. 1:14-15


Daar is 'n beloning as die Christen versoeking oorwin.  Wat is dit? 
 
Jak. 1:12


12. Vervolging:

Sal die Christen vervolg word? 
2Tim. 2:3,  3:12, 1Pet. 2:12


Wat moet my houding ten tyde van vervolging wees? 
1Pet. 2:12-14


Wat is die beloning van verdraagsaamheid te midde van vervolging? 
2Tim. 2:12


Wat moet my houding wees teenoor die wat my vervolg? 
Matt. 5:44


Skryf kortliks wat Jesus in Mat. 5:10-12 oor vervolging sê.






Popular posts from this blog

Salwing Met Olie: `n Bybelse Gebruik? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Die Hoofbedekking Van Die Vrou (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Judas: Wat leer die Nuwe Testament vir ons oor 'n dienskneg van Jesus? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)