Salwing Met Olie: `n Bybelse Gebruik? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)
Inleiding: Die gebruik om materiële bates soos geboue, meubelment, en toerusting met olie te salf is in die hedendaagse tyd `n bekende verskynsel onder sekere Christelike groepe. Die voorstaanders van hierdie gebruik koppel groot geestelike waarde daaraan en beskou dit as essensieel tot die Goddelike beskerming van die Christen se besittings. Dit mag dalk vir sommiges aanneembaar of miskien slegs onskuldig klink, maar is dit? Geestelike misleiding is nie uniek aan die 21ste eeu waarin ons leef nie, maar dit is `n verskynsel wat alreeds voorgekom het in die Tuin van Eden met die sondeval (Gen. 3). Maar dat dit aan die toeneem is kan duidelik gesien word in ons geslag. Die toename van geestelike misleiding is dan ook baie duidelik voorspel as `n teken van die spoedig-naderende wederkoms van onse Here Jesus. Die Apostel Paulus skryf in 1 Tim. 4:1 (AOV): "Maar die Gees sê uidruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste e...