Posts

Showing posts with the label hoerery

Wat bedoel die Skrif met ’n "gees van jaloersheid, hoerery, vreesagtigheid" ? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
  Baie mense ervaar ‘n groot innerlike stryd as gevolg van dinge soos vreesagtigheid, woede, bitterheid, ens. Wanneer hierdie dinge aangespreek word sal sommige mense stellings maak soos byvoorbeeld die volgende: “Hy/sy het ‘n gees van woede, maar moet dit vervang met ‘n gees van vrede”. Waar sekere mense hierdie ‘gees’ wil uitdryf of bestraf, wil ander die ‘slegte gees’ egter net vervang met ‘n ‘goeie gees’. Dit mag dalk korrek klink, maar hoe Skriftuurlik is dit werklik? Die vraag wat egter gevra moet word is: Wat word bedoel met die term ‘gees’? Die groot gevaar ontstaan wanneer die term ‘gees’ ooral in die Skrif gepersonifieer word ongeag die konteks waarin dit voorkom. Beide die Hebreeuse woord ‘rúah’ en die Griekse woord ‘pneuma’ wat vertaal is as die woord ‘gees’ dra vele betekenisse, o.a. : ‘die Heilige Gees van God, gees van ‘n mens (as deel van die die menslike samestelling saam met die liggaam en siel), engele, demoniese / bose geeste, wind, asem, lug, in...