Posts

Showing posts with the label karakterstudie

Agab: Karakterstudie (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
1 Konings 16:29-22:54 en ook 2 Kronieke 18:1-34. Agab was die sewende koning van Israel (nadat Israel van Juda weggebreek het). Hy het 22 jaar lank regeer vanaf 876vC tot 854vC. Sy naam beteken ‘Broer van Vader’ wat waarskynlik die dieper betekenis het dat Agab God se broer is. So ‘n aanspraak wat Omri (wat self goddeloos gelewe het) sou maak deur sy seun só te noem is egter teenstrydig met die beskrywing wat die Skrif van Agab gee. Sy lewe was gekenmerk deur uiterste vorm van goddeloosheid. Daar kan egter waardevolle lesse geleer word deur die bestudering van die lewe en karakter van Agab. 1.   Sy Sondes: Ø Vermenging met Heidense Nasies: Ten spyte van die verbod wat die Here geplaas het op die huwelike met heidense vroue ( Deuteronómium 7:3-4) en die waarskuwing teen afgodery wat dit tot gevolg het, het Agab steeds die goddelose Isébel as vrou geneem (1Konings 16:31). Ø Afgodery: Afgodery was die noodwendige gevolg van sy huwelik met Isébel. 1Konin...