Vyf Verantwoordelikhede Wat 'n Christen Het Teenoor God | deur Chantelle van Zyl | BYBELSTUDIE
Vyf Verantwoordelikhede Wat 'n Christen Het Teenoor God
Deur Chantelle van Zyl
Die Bybelstudie se tema is vir geruime tyd al op my hart, en iets waaroor God daagliks met my praat. Gedurende hierdie tyd in ons lewens, moet ons tyd (net soos vantevore) met God spandeer en reflekteer oor wat ons prioriteite en verantwoordelikhede as Christene is. Kom ons bestudeer wat die Bybel sê oor wat ons verantwoordelikhede teenoor God is. Mag hierdie verse u hart aantas en gedagtes rig tot God.
1 U Moet God Vrees En Respekteer .
Die woord "vrees" beteken nie altyd om
vrees te hê of bang te wees vir God nie. Die algemene betekenis vir die woorde
"vrees God" verwys daarna om om respek te hê vir God op so vlak dat u
'n vrees het vir Sy oordeel, en uit respek en liefde Hom dien en gehoorsaam
deur ‘n helige lewenswandel. Hierdie vrees kom in bestaan wanneer u besef wie
God werklik is, dit waartoe Hy in staat is, en dat Hy mag bo almal het om sonde
en ongeregtigheid te oordeel.
‘n Pragtige engelse word hiervoor is Reverence: “Reverence is a feeling of
deep respect or awe, and the realization that God is present at every moment: seeing
your every thought and deed” (Nancy
DeMoss Wolgemuth: Adorned, Living Out The Beauty Of The Gospel Together).
·
Deuteronómium 6:13-14 “Jy moet die Here jou God vrees en Hom
dien...Julle mag nie agter ander gode aanloop uit die gode van die volke wat
rondom julle is nie.”
·
Job 28:28 “Kyk, die vrees van die Here is wysheid, en om van
kwaad af te wyk is verstand.”
·
Psalms 33:8 “Laat die hele aarde vir die Here vrees...”
·
Psalms 86:11 “Leer my, Here, U weg: ek sal in U waarheid
wandel; verenig myu hart tot die vrees van U Naam.”
·
Spreuke 1:7 “Die vrees van die Here is die beginsel van die
kennis; sotte verasg wysheid en tug.”
·
Spreuke 14:27 “Die vrees van die HERE is ‘n fontein van die lewe,
om van die strikke van die dood af te wyk.”
·
Prediker 12:13 “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees
God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.”
·
Maleági 1:6 “n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar
is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My?”
·
Matthéüs 10:28 “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak,
maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as
die liggaam kan verderwe in die hel.”
·
Lukas 1:50 “En Sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir
die wat Hom vrees.”
Lees ook 1 Samuel 12: 24, Joshua 24:14, Psalms 22:24, Spreuke 3:7, Spreuke
24:21.
2 U Moet God
Met U Hele Hart Liefhê En Eerste Plaas:
Om God met u hele hart lief te hê, beteken om met alles in u Hom te dien
en Hom te gehoorsaam. God moet eerste geplaas word in u lewe en u liefde vir
Hom moet 'n prioriteit wees bo almal en alles wat u doen.
Wanneer u mense, diere, geld, werk, of goedere liefhet bo God, is daar
'n probleem want God het u eerste lief gehad en die minste wat u kan doen is om
Hom eerste te plaas in u lewe. Die Bybels sê dat as ‘n mens enige iets liefhet
bo God, is hy nie waardig om God Vader te noem nie. Maar wanneer u God eerste
begin plaas, sal u die wonderlike vreugde en vrede in God en jul verhouding
begin ervaar wat u deur lewensstorme sal dra.
·
Deuteronómium 6:5 “Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou
hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.”
·
Matthéüs 6:24 “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal
die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag.
Julle kan nie God én Mammon dien nie!”
·
Matthéüs 10:37 “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie
waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.”
·
Matthéüs 22:37-38 “Jy
moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele
siel en met jou hele verstand... Dit is
die eerste en groot gebod.”
·
Lukas 10:27 “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart
en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou
naaste soos jouself.”
·
Johannes 3:30 “Hy moet meer word, maar ek minder.”
·
1 Johannes 4:8 “Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie,
want God is liefde.”
Lees ook Deuteronómium 6:14, Matthéüs 6:33, Matthéüs
6:19-21, Markus 12:30 & 33.
3 Jy Moet God
Met Jou Hele Hart In Opregtheid Dien:
Deur God in opregtheid te dien, leef jy jou volle liefde vir God uit en
dis 'n teken van u toegewydheid tot God. U kan nie sê dat u lief is vir God
maar u dien Hom nie met die toegewydheid wat Hy verdien nie. Dis soos die vers
wat sê hulle noem God hul Vader maar waar is hul toegewydheid?
God kan alles en almal sien en Hy weet as u werk doen vir Hom net om
deur ander mense gesien te word. Hy ken u gedagtes en u beskadig jou verhouding
met Hom wanneer u voorgee om Hom in opregtheid te dien. Hier kom die woord, Reverance, weer terug: leef met ‘n
bewustheid dat God jou elke daad en gedagte sien en jou sal oordeel volgens jou
hartsgesindheid.
·
Josua 24:14 “Vrees dan nou die Here en dien Hom in opregtheid en waarheid...’
·
1 Samuel 12:24 “Vrees net die Here en dien Hom getrou met julle
hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.”
·
Maleági 1:6 “n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar
is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My?”
·
Matthéüs 6:24 “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal
die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag.
Julle kan nie God én Mammon dien nie!”
·
Johannes 12:26 “As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek
is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.”
·
Romeine 12:1 “Ek vermaan julle dan, broeders, by die
ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan
God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.”
·
Romeine 12:11 “Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van
gees; dien die Here.”
·
1 Korinthiërs 10:31 “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen
alles tot verheerliking van God.”
·
1 Korinthiërs 15:58 “Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig,
onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat
julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.”
·
Kolossense 3:23-24 “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos
vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here
die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.”
·
Efésiërs 6:6-7 “soos diensknegte van Christus wat die wil van God
van harte doen en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie.”
Lees ook: Deuteronómium 13:4, Kolossense 3:17.
4 Jy Moet God
Se Woord En Gebooie Bewaar:
Dis so pragtig as ons lees in die Bybel as David die woorde sê dat hy
God se Woord in sy hart bewaar om nie teen God te sondig nie. Hy bewaar en bêre
God se beloftes, lering, en wette sodat hy dit kan onthou wanneer versoekings
oor sy pad kom.
Deur God se Woord te bewaar beteken dit ook dat u die lering en gebooie
moet gehoorsaam. Dis nie tot hulp om die gebooie en Woord te memoriseer en te
ken, maar u gehoorsaam dit nie. Ons erken God as Skepper en Koning se gesag oor
ons, wanneer ons sy gebooie bewaar en gehoorsaam. God se gebooie is nie swaar
nie want in Sy wette vind ons vryheid. Sy laste is lig en beskerm ons.
·
Levitikus 18:4 “My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te
wandel. Ek is die HERE julle God.”
·
Deuteronómium 30:16 “Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in Sy weë
te wandel en Sy gebooie en Sy insettinge en Sy verordeninge te hou, sodat jy
kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land
waarheen jy gaan...”
·
Prediker 12:13-14 “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie;
want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig
wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.”
·
1 Petrus 1:15-16 “Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul
hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want
Ek is heilig.”
·
1 Johannes 2:3-5 “En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Ek
ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid
nie. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God
waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.”
·
1 Johannes 5:3 “...Sy gebooie is nie swaar nie...”
Lees ook Matthéüs 11:29-30, Jakobus 1:25, 1 Petrus
1:13-16, 2 Johannes vers 6.
5 Jy moet Jesus
Christus liefhê en Sy voorbeeld volg:
As ons sê dat ons God liefhet, dan beteken dit dat ons Jesus –Sy seun-
ook liefhet. Maar waarom moet ons Jesus liefhe? Soos in Johannes 3:16 beskryf
word: God het ons so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gestuur het, en in
liefde het Jesus vir ONS sondes gesterf, Hy het die groot prys van liefde
betaal... Hy het Sy lewe afgelê omdat hy u liefhet.
Die minste wat 'n Christen kan doen, is om Jesus (die Seun van God) lief
te hê en te dien deur Sy perfekte voorbeeld te probeer navolg. Om Jesus lief te
hê is 'n vreugde en ons het geen rede om skaam te wees om Sy voorbeeld te volg
nie (Romeine 1:26). Deur Jesus se voorbeeld te volg, volg jy in Sy spore om
mense te leer oor die evangelie en Sy liefde.
·
Johannes 8:42 “En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê,
want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom
nie, maar Hy het My gestuur.”
·
Johannes 13:15 “Want Ek het julle ‘n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen
het, ook so te doen.”
·
Johannes 15:12 “Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle
liefgehad het.”
·
Romeine 1:16 “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is
‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo.”
·
Kolossense 3:13 “...soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.”
·
1 Petrus 2:21-24 “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en
julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg; Hy
wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is
nie; wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely
het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; wat
self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes
kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.”
·
1 Johannes 2:6 “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel
het.”
Lees ook Matthéüs 20: 27-28, Johannes 13:14-16, Johannes
15:10, Efésiërs 5:1-2 & 25, Filippense 2:5-8, 1 Petrus 1:6-8.
Dankie dat u hierdie Bybelstudie gelees het en gaan gerus die res van die verse ook deur. Kom ons soek God in hierdie tyd om ons harte vir ons uit te wys en waar elkeen van ons moet verander. Hy is getrou om Sy kinderste help, en met hulp van die Heilige Gees kan ons leer hoe om te groei in “reverance” en heiligheid.
Bronne:
Die Bybel 1953 Afrikaanse Vertaling : Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
The Bible Cross Referance : www.openbible.info.
Afrikaanse Bybelkonkordansie : deur C.F. Mijnhardt.