Posts

Showing posts with the label geestelike groei bybelstudie

Geestelike Groei (Bybelstudie)

Image
Die term ‘Geestelike Groei’ verwys hier na die lewenslange proses wat begin by wedergeboorte. Die oomblik wanneer die God die verlore sondaar wat sy geloof in Jesus Christus plaas vergewe, word daardie persoon ‘n kind van God (Johannes 1:12, 1Johannes 3:1). Alhoewel hierdie persoon vry gespreek is van alle sondeskuld en straf, is sy toestand baie ver weg van dit wat God begeer dit moet wees. So ‘n pas- geredde mens sal wel Hemel toe gaan, sou hy tot sterwe kom, maar dit beteken geensins dat God se doel met sy lewe nou bereik is nie. Die Here begeer om al Sy kinders te verander om “gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun” (Romeine 8:29). Hierdie verandering gebeur egter nie oombliklik nie, maar wel gradueel. Hierdie proses word ook genoem ‘die proses van heiligmaking’ of ‘geestelike vorming’.   1.     Objek van Geestelike Groei: 2KorinthiĆ«rs 3:18: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieĆ«l die heerlikheid van die Here aanskou , wo...