Posts

Showing posts with the label bybelstudies

Die Here Jesus Se Gebedslewe | Bybelstudie deur Rudi van Zyl | GEBED

Image
Die Here Jesus Se Gebedslewe: “Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid, en die nag in gebed tot God deurgebring.” Lukas 6:13 Bestudeer die opskrifte en elke vers in diepte, en laat God se Woord en Jesus se perfekte voorbeeld u hart verander. 1. Gebed was vir die Here Jesus ‘n instelling:  Luk 22:39   2. Hy het opofferinge gemaak om te bid: Mark 1:35 Luk 6:12   3. Soms het Hy eenkant gebid: Matt 14:23 Luk 5:16 Joh 6:15   4. Soms het Jesus openlik gebid: Luk 11:1 Luk 9:18   5. Die Here Jesus was verseker van gebedsverhoring: Matt 26:53   6. Volhardende gebed was ‘n kenmerk van Sy gebedslewe: Matt 26:42,44 7. In die uur van nood, het Hy gebid: Matt 26:39 8. Hy het gebid as gevolg van Sy afhanklikheid van die Vader: Joh 11:41   9. Die Here Jesus het voorbidding gedoen: Mark 6:46 Luk 22:32 Joh 15:9 Joh 17:15 Joh 17:20 Joh 14:16 ...

Dringend!! Indien jy noú skielik sou sterf... (Deur Rudi van Zyl)

Image
Dringend!! Indien jy noú skielik sou sterf, waar gaan jou onsterflike siel vir ewig wees:  In die Hemel , of in die Hel ? 7 Feite wat jy moet besef: Ø Elke mens is gebore as ‘n sondaar. Ø Almal het gesondig en is gevolglik skuldig voor God! Ø Elke mens VERDIEN God se komende oordeel. Ø Almal gaan VERSEKER STERF, maar niemand weet WANNEER nie! Ø Elkeen wat in hierdie toestand sterf, sal vir ewig gepynig word in die vlamme van die Hel, sonder om ooit weer ‘n kans te kry om gered te kan word! Ø Jy kan NIKS DOEN vanuit jouself om die komende oordeel van God te ontwyk nie! Ø Om te weet van Jesus Christus, te bid, Bybel te lees, jou te laat doop, kerk toe te gaan en ‘n goeie voorbeeldige lewe te leef, KAN NIEMAND IN DIE HEMEL BRING NIE! Die goeie nuus is: Jy kan wél die komende oordeel ontvlug!   Die Here Jesus het reeds joú sondes op Hom geneem, daarvoor gely en gesterf aan die kruis.   God het jou lief en wil graag jou sondes vergewe e...

TULIP vs Evangelisasie (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
Die afgelope tyd beleef passievolle evangeliste ‘n toenemende teenkanting van die kant van (glo dit of nie) belydende weergebore kinders van God!  Die beswaar is teen die metode van evangelisasie, naamlik dinamiese bekeringsboodskappe wat uitloop op ‘n appél tot bekering (beter bekend as ‘uitnodiging’) waarna die ‘sondaarsgebed’ gebid word. Volgens die beswaardes lei hierdie metode van evangelisasie daartoe dat baie mense “Hel toe gesleep word” omdat hulle op ‘n valse fondament geplaas word, hulle word dus nie waarlik weergebore nie.  Hierdie ‘valse fondament’ waarop hierdie mense staan maak dit vir hulle moeilik of selfs onmoontlik om ooit werklik gered te kan word, volgens die beswaardes. So skryf Landon Chapman in die artikel ‘False Conversions and the “Sinner’s Prayer”: A Damnable Epidemic in the Modern Church’ ( https://entreatingfavor.com/false-converts-and-sinners-prayer/ ) die volgende: “Pastor Platt went on to further expound on this notion. “Should it...

Die Hoofbedekking Van Die Vrou (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
Etlike jare gelede was dit algemeen gebruiklik vir vroue in Suid-Afrika om ‘n hoed te dra wanneer eredienste bygewoon is. Stelselmatig het dit egter in onbruik verval met die uitsondering van enkele Kerk denominasies. Terwyl sommige mense die standpunt inneem dat die rede hiervoor toegeskryf kan word aan die algemene verval in die Christendom, is daar ook diegene wat dit koppel aan bevryding van die bande van tradisie.  Dat die verskynsel van die dra van hoofbedekking deur vroue in die Westerse beskawing meer as slegs ‘n religieuse motief gehad het kan gesien word in die destydse modegier. Dit is van waarde om ook daarop te let dat dit van ‘n vrou verwag is om ‘n hoed te dra in die hof, parlement, ens. Selfs by perdewedrenne (desnieteenstaande die sondige konnotasie) was hoede ‘n algemene verskynsel. ‘n Onaanvegbare stelling kan ook gemaak word dat hierdie gebruik binne die Christelike kerk nie gevrywaar was van wanpraktyke nie. Dikwels wanneer hierdie onderwerp geopper w...

Die Doop In Romeine 6 (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
Die ‘Doop’ in Romeine 6: Romeine 6:3-4: “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel”. Hierdie teksvers word dikwels aangehaal deur die voorstaanders en verkondigers van die ‘onderdompelings bekeringsdoop’ (grootdoop) om te bewys dat die betekenis van die ‘sakrament van die waterdoop’ is dat die wedergeborene deur hierdie simbool verkondig dat hy sy ou sondige lewe afgestef het soos Christus gesterf het en begrawe is, en dat hy nou ‘opgestaan’ het om ‘n nuwe lewe te leef net soos wat Jesus Christus opgestaan het uit die dood. Hierdie studie het geensins ten doel om ‘n bepaalde siening oor die sakrament van die waterdoop te verdedig of te weerlê nie, maar wel om hierdie teksvers op ‘n verantwoordelike wyse te verklaar. Daarom sal die “text – con...

Agab: Karakterstudie (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
1 Konings 16:29-22:54 en ook 2 Kronieke 18:1-34. Agab was die sewende koning van Israel (nadat Israel van Juda weggebreek het). Hy het 22 jaar lank regeer vanaf 876vC tot 854vC. Sy naam beteken ‘Broer van Vader’ wat waarskynlik die dieper betekenis het dat Agab God se broer is. So ‘n aanspraak wat Omri (wat self goddeloos gelewe het) sou maak deur sy seun só te noem is egter teenstrydig met die beskrywing wat die Skrif van Agab gee. Sy lewe was gekenmerk deur uiterste vorm van goddeloosheid. Daar kan egter waardevolle lesse geleer word deur die bestudering van die lewe en karakter van Agab. 1.   Sy Sondes: Ø Vermenging met Heidense Nasies: Ten spyte van die verbod wat die Here geplaas het op die huwelike met heidense vroue ( Deuteronómium 7:3-4) en die waarskuwing teen afgodery wat dit tot gevolg het, het Agab steeds die goddelose Isébel as vrou geneem (1Konings 16:31). Ø Afgodery: Afgodery was die noodwendige gevolg van sy huwelik met Isébel. 1Konin...