Vyf Verantwoordelikhede Wat 'n Christen Het Teenoor God | deur Chantelle van Zyl | BYBELSTUDIE
Vyf Verantwoordelikhede Wat 'n Christen Het Teenoor God Deur Chantelle van Zyl Die Bybelstudie se tema is vir geruime tyd al op my hart, en iets waaroor God daagliks met my praat. Gedurende hierdie tyd in ons lewens, moet ons tyd (net soos vantevore) met God spandeer en reflekteer oor wat ons prioriteite en verantwoordelikhede as Christene is. Kom ons bestudeer wat die Bybel sê oor wat ons verantwoordelikhede teenoor God is. Mag hierdie verse u hart aantas en gedagtes rig tot God. 1 U Moet God Vrees En Respekteer . Die woord "vrees" beteken nie altyd om vrees te hê of bang te wees vir God nie. Die algemene betekenis vir die woorde "vrees God" verwys daarna om om respek te hê vir God op so vlak dat u 'n vrees het vir Sy oordeel, en uit respek en liefde Hom dien en gehoorsaam deur ‘n helige lewenswandel. Hierdie vrees kom in bestaan wanneer u besef wie God werklik is, dit waartoe Hy in staat is, en dat Hy mag bo almal het om sonde en ongeregtigheid...