Posts

Die Hoofbedekking Van Die Vrou (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
Etlike jare gelede was dit algemeen gebruiklik vir vroue in Suid-Afrika om ‘n hoed te dra wanneer eredienste bygewoon is. Stelselmatig het dit egter in onbruik verval met die uitsondering van enkele Kerk denominasies. Terwyl sommige mense die standpunt inneem dat die rede hiervoor toegeskryf kan word aan die algemene verval in die Christendom, is daar ook diegene wat dit koppel aan bevryding van die bande van tradisie.  Dat die verskynsel van die dra van hoofbedekking deur vroue in die Westerse beskawing meer as slegs ‘n religieuse motief gehad het kan gesien word in die destydse modegier. Dit is van waarde om ook daarop te let dat dit van ‘n vrou verwag is om ‘n hoed te dra in die hof, parlement, ens. Selfs by perdewedrenne (desnieteenstaande die sondige konnotasie) was hoede ‘n algemene verskynsel. ‘n Onaanvegbare stelling kan ook gemaak word dat hierdie gebruik binne die Christelike kerk nie gevrywaar was van wanpraktyke nie. Dikwels wanneer hierdie onderwerp geopper w...

Die Doop In Romeine 6 (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
Die ‘Doop’ in Romeine 6: Romeine 6:3-4: “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel”. Hierdie teksvers word dikwels aangehaal deur die voorstaanders en verkondigers van die ‘onderdompelings bekeringsdoop’ (grootdoop) om te bewys dat die betekenis van die ‘sakrament van die waterdoop’ is dat die wedergeborene deur hierdie simbool verkondig dat hy sy ou sondige lewe afgestef het soos Christus gesterf het en begrawe is, en dat hy nou ‘opgestaan’ het om ‘n nuwe lewe te leef net soos wat Jesus Christus opgestaan het uit die dood. Hierdie studie het geensins ten doel om ‘n bepaalde siening oor die sakrament van die waterdoop te verdedig of te weerlê nie, maar wel om hierdie teksvers op ‘n verantwoordelike wyse te verklaar. Daarom sal die “text – con...

Agab: Karakterstudie (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
1 Konings 16:29-22:54 en ook 2 Kronieke 18:1-34. Agab was die sewende koning van Israel (nadat Israel van Juda weggebreek het). Hy het 22 jaar lank regeer vanaf 876vC tot 854vC. Sy naam beteken ‘Broer van Vader’ wat waarskynlik die dieper betekenis het dat Agab God se broer is. So ‘n aanspraak wat Omri (wat self goddeloos gelewe het) sou maak deur sy seun só te noem is egter teenstrydig met die beskrywing wat die Skrif van Agab gee. Sy lewe was gekenmerk deur uiterste vorm van goddeloosheid. Daar kan egter waardevolle lesse geleer word deur die bestudering van die lewe en karakter van Agab. 1.   Sy Sondes: Ø Vermenging met Heidense Nasies: Ten spyte van die verbod wat die Here geplaas het op die huwelike met heidense vroue ( Deuteronómium 7:3-4) en die waarskuwing teen afgodery wat dit tot gevolg het, het Agab steeds die goddelose Isébel as vrou geneem (1Konings 16:31). Ø Afgodery: Afgodery was die noodwendige gevolg van sy huwelik met Isébel. 1Konin...

Salwing Met Olie: `n Bybelse Gebruik? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
Inleiding: Die gebruik om materiële bates soos geboue, meubelment, en toerusting met olie te salf is in die hedendaagse tyd `n bekende verskynsel onder sekere Christelike groepe. Die voorstaanders van hierdie gebruik koppel groot geestelike waarde daaraan en beskou dit as essensieel tot die Goddelike beskerming van die Christen se besittings. Dit mag dalk vir sommiges aanneembaar of miskien slegs onskuldig klink, maar is dit? Geestelike misleiding is nie uniek aan die 21ste eeu waarin ons leef  nie, maar dit is `n verskynsel wat alreeds voorgekom het in die Tuin van Eden met die sondeval (Gen. 3). Maar dat dit aan die toeneem is kan duidelik gesien word in ons geslag. Die toename van geestelike misleiding is dan ook baie duidelik voorspel as `n teken van die spoedig-naderende wederkoms van onse Here Jesus. Die Apostel Paulus skryf  in 1 Tim. 4:1 (AOV): "Maar die Gees sê uidruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste e...

Die Verharding Van Israel- Maak God Die Mens Ongehoorsaam? (Bybelstudie deur Rudi van Zyl)

Image
Romeine 11:7: “Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard”.  Lees ook Romeine 9:15-16 en Romeine 11:25-32. Bogenoemde teksvers is een van verskeie teksverse wat dikwels deur die Calvinistiese skool gebruik word om die ‘Onvoorwaardelike Uitverkiesingsleer’ te probeer bewys. Dit is egter van groot belang om daarop te let dat Romeine 9-11 oor die historiese en dispensasionele handeling van God met die volk Israel. Dit is nie ‘n verduideliking van God se handeling met individue rakende die saligheid van hul siele nie. God se voorkeur-wil is dat alle mense gered sal word (2Petrus 3:9, 1Timótheüs 2:3-4) en daarom skenk Hy aan almal die genade (voorafgaande genade) om gered te kán word (Titus 2:11). Die ras of etnisiteit van ‘n individu is egter geensins ‘n faktor wanneer redding ter sprake is nie, en dít kan baie duidelik gesien word in Romeine 1:16, 2:11, 3:22, asook Kolossense 3:11.    ...